Psalms 52AFR83

1Vir die koorleier. 'n Gedig van Dawid,

2na aanleiding daarvan dat die Edomiet Doëg gekom en aan Saul vertel het: Dawid was in die huis van Agimelek.

3Jy wat jou groot hou, jy spog verniet oor jou slegte dade! Onthou, God sorg altyd vir my.

4Jy wil ander se ondergang bewerk, met jou vlymskerp tong pleeg jy bedrog.

5Jy het die kwaad liewer as die goeie, en die leuen liewer as die waarheid. Sela

6Jy saai graag verwarring met jou leuens!

7Maar God sal jou vir altyd vernietig. Hy sal jou uitruk en wegsleep uit jou woonplek, Hy sal jou wegruk uit die land van die lewendes. Sela

8As die regverdiges dit sien, sal hulle met ontsag vervul word en smalend van jou sê:

9“Dis nou die man wat nie op God se krag wou steun nie, maar op sy eie rykdom vertrou het en hom sterk wou maak deur inhaligheid.”

10Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg.

11Ek sal U altyd loof vir wat U gedoen het. Voor u dienaars sal ek u Naam prys, want U is goed.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 52.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.