Psalms 47AFR83

1Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.

2Al julle volke, klap julle hande; juig tot eer van God met 'n jubelende stem,

3want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe; Hy is die Groot Koning oor die hele aarde:

4Hy het volke aan ons onderwerp en nasies aan ons onderhorig gemaak;

5Hy het ons besitting vir ons uitgekies, die pragtige land van Jakob, wat Hy liefhet. Sela

6God gaan op na sy tempel toe onder gejubel, die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas.

7Prys God, prys Hom met psalms, prys ons Koning, prys Hom met psalms!

8God is koning oor die hele aarde; sing vir Hom 'n lied.

9God is koning oor die nasies, God is op sy heilige troon.

10Die leiers uit elke volk sal hulle verenig met die volk van die God van Abraham. Die heersers van die aarde is onderworpe aan God, Hy is bo almal verhewe.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 47.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.