Psalms 39AFR83

1Vir die koorleier. 'n Belydenis. 'n Psalm van Dawid.

2Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie 'n woord praat as 'n slegte mens my teëstaan nie.”

3Ek was stom en sprakeloos, ek het geswyg, nie gepraat nie, maar my smart het al hoe groter geword.

4Daar was 'n brandpyn in my, my smart het 'n vuur in my geword. Toe móés ek praat.

5Maak tog aan my bekend wanneer my einde sal wees, Here, en hoeveel dae daar vir my oor is, sodat ek sal weet wanneer my lewe verby is.

6Kyk, U het bepaal dat my dae min sal wees, in u oë is my lewensduur byna niks. Ag, alle mense is maar verganklik. Sela

7Die mens leef soos in 'n droom en hy sloof hom af vir niks. Hy gaar op, maar weet nie wie dit sal kry nie.

8Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.

9Red my van al my teëstanders, laat my nie die spot van dwase word nie.

10Ek kla nie, ek maak my mond nie oop nie, want U het dit oor my gebring.

11Neem tog weg die smart waarmee U my getref het. Die las wat U my opgelê het, laat my krag ingee.

12As U 'n mens die straf oplê wat sy sonde verdien, verteer U hom soos 'n mot 'n kleed. Ag, alle mense is verganklik. Sela

13Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming aangewese; U alleen sorg vir my, soos vir al my voorvaders.

14Neem tog u straf van my weg, dat ek weer bly kan wees voordat ek heengaan en nie meer daar is nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 39.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.