Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 3

:
Afrikaans - AFR83
1 'n Psalm van Dawid toe hy vir sy seun Absalom gevlug het.
2 Ek het so baie vyande, Here! Baie kom in opstand teen my.
3 Daar is talle wat van my sê: “Van God kom daar vir hom geen hulp nie!” Sela
4 Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien.
5 As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela
6 As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.
7 Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie.
8 Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek, U het die aanval van die goddeloses afgeslaan.
9 Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met u volk. Sela