Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 24

:
Afrikaans - AFR83
1 'n Psalm van Dawid. Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here,
2 want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê en dit stewig gevestig in die waters.
3 Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan?
4 Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
5 So iemand sal van die Here seën ontvang, en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.
6 Die mense wat na sy wil vra en Hom dien, is die geslag van Jakob. Sela
7 Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan!
8 Wie is hierdie magtige Koning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd.
9 Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan!
10 Wie is Hy, hierdie magtige Koning? Die Here, die Almagtige, Hy is die magtige Koning. Sela