Psalms 21AFR83

1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2Here, dit is oor die openbaring van u mag dat die koning so bly is, dit is oor die oorwinning wat U hom gegee het, dat hy so jubel en juig.

3Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie. Sela

4U skenk hom voorspoed en geluk, U plaas 'n goue kroon op sy kop.

5Lewe het hy van U gevra; U het hom dit gegee — 'n lang, lang lewe.

6Omdat U uitkoms gegee het, is hy hoog in aansien, met roem en eer het U hom oorlaai.

7U maak hom altyd voorspoedig, U skenk hom oorvloedige blydskap deur u nabyheid.

8Die koning vertrou op die Here en deur die trou van die Allerhoogste struikel hy nie.

9U hand sal al u vyande vind, u regterhand sal u haters tref.

10Wanneer U verskyn, Here, sal U hulle verteer soos in 'n oond. In u toorn sal U hulle vernietig, en die vuur sal hulle verteer.

11U sal hulle kinders van die aarde af verdelg en die mensheid verlos van hulle nageslag.

12As hulle kwaad teen U beraam, bose planne uitdink, sal hulle niks uitrig nie.

13Wanneer U met die boog na hulle mik, slaan hulle op die vlug.

14Laat u mag seëvier, Here, dan sal ons u krag besing en daaroor roem.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 21.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.