Psalms 19AFR83

1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

3Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.

4Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem.

5Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde. Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan.

6As hy stralend begin om sy baan te volg, is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom.

7Aan die een kant van die hemel kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy gloed nie.

8Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.

9Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.

10Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig.

11Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek.

12U dienaar laat hom daardeur leer. Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning.

13Wie sien sy eie dwalinge raak? Moet my tog nie straf vir sondes wat ek onwetend gedoen het nie.

14Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde.

15Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 19.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.