Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 150

:
Afrikaans - AFR83
1 Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf!
2 Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid!
3 Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier!
4 Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite!
5 Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale!
6 Laat alles wat asemhaal, die Here prys! Prys die Here!