Psalms 148AFR83

1Prys die Here! Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel!

2Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens!

3Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle sterre!

4Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim!

5Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep;

6Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee, vir hulle 'n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie.

7Prys die Here van die aarde af, seediere en al die oseane,

8weerlig en hael, sneeu en miswolke, stormwind wat sy opdrag gehoorsaam,

9berge, al die heuwels, vrugtebome, al die seders,

10wilde diere, al die vee, al wat kruip of vlieg,

11konings van die aarde, alle volke, vorste, alle regeerders van die aarde,

12jong manne en meisies, grysaards saam met seuns!

13Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel.

14Hy het aan sy volk mag gegee. Dit is die roem van al sy troue dienaars, die Israeliete, die volk naby wie Hy is. Prys die Here!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 148.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.