Psalms 146AFR83

1Prys die Here! Ek wil die Here prys.

2Ek wil die Here prys so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is.

3Moenie op magtiges vertrou nie, nie op 'n mens nie; hy kan jou nie red nie.

4Sy asem verlaat hom, hy word weer grond en sy planne is daarmee heen.

5Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.

6Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die see en alles daarin. Hy bly vir altyd getrou,

7Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes,

8die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief.

9Hy beskerm vreemdelinge en help weeskinders en weduwees, maar Hy versper die pad vir die goddeloses.

10Die Here regeer vir altyd. Sion, jou God regeer van geslag tot geslag. Prys die Here!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 146.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.