Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 111

:
Afrikaans - AFR83
1 Prys die Here! Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die opregtes, in die gemeente.
2 Die werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na.
3 Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas.
4 Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie. Genadig en barmhartig is die Here.
5 Hy voed dié wat Hom dien, Hy hou sy verbond altyd in stand.
6 Hy het sy volk die krag van sy dade laat ervaar, Hy het aan hulle die land van ander nasies gegee.
7 Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas,
8 hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid.
9 Hy het vryheid vir sy volk bewerk, sy verbond vir altyd ingestel. Sy Naam is heilig, dit wek ontsag.
10 Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand.