Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Proverbs 5

:
Afrikaans - AFR83
1 My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer, luister na my goeie raad.
2 Dan sal jy self ook met oorleg kan optree en met die nodige kennis praat.
3 Die slegte vrou se lippe drup van die heuning, haar tong is gladder as olie,
4 maar agterna is alles so bitter soos wildeals; sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard.
5 Haar pad is dié van die dood, elke stap saam met haar bring die ondergang nader.
6 Sy hou jou weg van die pad van die lewe af, sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie.
7 Luister na my, my seun, bly by wat ek jou sê:
8 Bly weg van haar af, moenie naby haar huis se deur kom nie
9 dat jy nie jou mooiste jare verspil nie, jou beste jare aan 'n hartelose mens gee nie,
10 dat vreemdes hulle nie vol eet aan die vrug van jou arbeid nie, dat dit waarvoor jy gewerk het, nie in die huis van 'n ander beland nie.
11 Jy sal en kreun as jou einde nader, met die vleis aan jou liggaam weggevreet,
12 en jy sal sê: “Ek het my opvoeding versmaai, ek het my nie gesteur aan die onderrig nie.
13 As ek maar geluister het na my leermeesters en my ore oopgemaak het toe hulle my geleer het!
14 Hier sit ek nou in die grootste ellende voor die van almal.”
15 Jy het tog self 'n vrou, jy het tog self 'n put met water: drink die strome uit jou eie fontein.
16 Moet jou fonteine dan ook die wêreld vol loop, jou strome water oral heen vloei?
17 Hulle is tog net joune, en jy sal hulle nie met 'n ander wil deel nie.
18 Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou,
19 so vol liefde, so mooi soos 'n takbok, soos 'n ribbok. Geniet voluit van haar liefkosings, laat dit jou deurentyd bedwelm.
20 Waarom sou jy jou laat bedwelm deur 'n slegte vrou, my seun, waarom sou jy in die arms van 'n ander vrou gaan lê?
21 'n Mens se lewe oop voor die Here, elke tree wat jy gee, sien Hy.
22 Die oortreding van die goddelose agterhaal hom, hy draai hom vas in sy sonde.
23 Hy sterf deur sy gebrek aan selfbeheersing, sy dwaasheid het hom op die verkeerde pad gebring.