Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Jonah 2

:
Afrikaans - AFR83
1 Toe bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God.
2 Jona het gesê: “In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor. Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor.
3 U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my laat gaan.
4 Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
5 Die waters het my toegevou, die groot water het my omring, seegras was om my kop gedraai.
6 Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge, die aarde het my vir altyd toegesluit. Maar U, Here my God, het my van die dood gered.
7 Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel.
8 Dié wat op nuttelose afgode vertrou, verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon.
9 Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring; wat ek beloof het, sal ek doen. Hulp kom net van die Here af.”
10 Toe beveel die Here die vis, en hy het vir Jona op die vasteland uitgespoeg.