Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 35

:
Afrikaans - AFR83
1 Elihu het voortgegaan:
2 “Dink jy dit handel die saak af as jy sê: ‘Ek sal my reg van God ontvang’
3 en dan aanhou om te sê: ‘Wat baat dit my, wat kan ek wen as ek nie sondig nie?’
4 Daarop sal ek jou en ook jou vriende by jou antwoord.
5 Kyk op, kyk na die hemel, kyk na die wolke hoog bokant jou:
6 as jy sondig, wat doen dit aan God, as jy baie keer oortree, hoe raak dit Hom,
7 as jy sonder sonde is, wat baat dit Hom, wat kry Hy van jou?
8 Jou sonde raak jou medemens en jou onskuld raak jou medemens.
9 “Mense roep om hulp onder hulle swaar verdrukking, hulle soek hulp teen die geweld van mense met mag.
10 Maar hulle vra nie na God, hulle Maker, na Hom wat selfs in die nag 'n lied kan laat sing nie,
11 na Hom wat aan ons meer verstand gegee het as aan die diere, meer insig as aan die voëls.
12 Mense roep om hulp, maar Hy antwoord nie, want hulle is vol hoogmoed en boosheid.
13 God luister nie na hol woorde nie, die Almagtige slaan daar geen ag op nie,
14 ook nie as jy dat jy Hom nie sien nie, dat jou saak voor Hom is, dat jy op Hom wag nie,
15 as jy Hy straf nie in sy toorn nie, Hy dra geen kennis van die sonde nie.
16 Job, wat jy praat, is wind, jy praat en praat, maar sonder kennis.”