Job 25AFR83

1Toe sê Bildad die Suagiet vir Job:

2“Die heerskappy en die vrees kom God toe. Uit sy hoë hemel gee Hy vrede.

3Kan die magte waaroor Hy beskik, bereken word? Oor wie skyn sy lig nie?

4Hoe kan 'n mens reg hê voor God? Hoe kan iemand wat uit 'n vrou gebore is, onskuldig wees?

5As vir God selfs die maan nie helder is nie en die sterre nie blink genoeg nie,

6hoeveel te minder 'n mens, 'n blote wurm, 'n mensekind, wat maar net 'n ruspe is?”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Job 25.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.