Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 25

:
Afrikaans - AFR83
1 Toe Bildad die Suagiet vir Job:
2 “Die heerskappy en die vrees kom God toe. Uit sy hoë hemel gee Hy vrede.
3 Kan die magte waaroor Hy beskik, bereken word? Oor wie skyn sy lig nie?
4 Hoe kan 'n mens reg voor God? Hoe kan iemand wat uit 'n vrou gebore is, onskuldig wees?
5 As vir God selfs die maan nie helder is nie en die sterre nie blink genoeg nie,
6 hoeveel te minder 'n mens, 'n blote wurm, 'n mensekind, wat maar net 'n ruspe is?”