Jeremiah 47AFR83

1'n Woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het. Dit handel oor die Filistyne, voordat die farao vir Gasa verower het.

2So sê die Here: Daar kom vloedwater uit die noorde, dit word 'n stroom wat oor sy walle stoot, dit stroom oor die land en alles in hom, oor die stad en sy inwoners. Mense skree, al die inwoners van die land huil

3wanneer hulle hoor hoe die perdepote klap, die strydwaens dreun, die wiele raas. Pa's draai nie om om hulle kinders te help nie, hulle hande hang slap.

4Die dag het gekom waarop al die Filistyne uitgeroei word, waarop elkeen wat vrygekom het en vir Tirus en Sidon kan help, doodgemaak word. Die Here gaan die Filistyne uitroei, dié wat nog oor is van almal wat van Kaftoreiland af gekom het.

5Gasa sal rou met kaalgeskeerde kop, Askelon sal woordeloos staan. Julle wat nog oor is daar op julle vlakte, hoe lank gaan julle julle van smart bly stukkend sny?

6“Ag, swaard van die Here, hoe lank nog voor jy tot rus kom? Gaan terug na jou skede toe! Hou op, bedaar tog!”

7Maar hoe kan hy tot rus kom as die Here hom die bevel gegee het, hom 'n werk gegee het in Askelon en op die seekus?

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Jeremiah 47.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.