Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 66

:
Afrikaans - AFR83
1 So die Here: Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete. Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou, die plek waar Ek kan woon?
2 Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.
3 Die mense offer bulle maar hulle maak ook mense dood as offers, hulle offer lammers maar hulle breek ook honde se nekke as offers, hulle bring graanoffers maar ook offers van varkbloed, hulle offer wierook maar hulle prys ook afgode; hulle het besluit om hulle eie kop te volg, hulle is lief vir hulle afskuwelike afgodsoffers.
4 Daarom besluit Ek dat hulle gestraf moet word en bring Ek verskrikking oor hulle. Toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie, toe Ek gepraat het, het niemand geluister nie; hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, hulle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.
5 Hoor die woord van die Here, julle wat ontsag het vir sy woord: Julle broers deur wie julle gehaat word, deur wie julle verstoot word ter wille van my Naam, sê: “Laat die Here sy mag bewys, dat ons kan sien waarom julle so bly is!” Maar hulle sal ontnugter word:
6 hoor die rumoer daar in die stad, hoor daar in die tempel, hoor hoe die Here sy vyande straf oor hulle dade.
7 Bring 'n vrou 'n kind in die wêreld voordat sy geboortepyne het? Kry sy 'n kind voordat die pyne haar oorval?
8 Wie het al so iets gehoor? Wie het dit al gesien? Word 'n land op een dag gebore, of word 'n nasie in een oomblik in die wêreld gebring? Maar Sion het skaars geboortepyne gekry of sy het haar kinders in die wêreld gebring.
9 Sou Ek die moederskoot laat oopgaan en nie 'n geboorte laat plaasvind nie? vra die Here. Of sou Ek wat geboortes laat plaasvind, die moederskoot toesluit? vra jou God.
10 Wees bly saam met Jerusalem en juig saam met haar, almal wat haar liefhet. Wees vrolik saam met haar, almal wat oor haar getreur het.
11 Julle sal aan haar drink totdat julle genoeg het, totdat julle veilig voel; julle sal drink van die oorvloed wat sy het, en dit geniet.
12 So die Here: Ek laat vrede na haar toe aankom soos 'n rivier, Ek laat die rykdom van die nasies na haar toe stroom. Julle sal aan haar drink, aan haar bors gedra word en op haar skoot getroetel word.
13 Soos 'n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel. Julle sal veilig voel in Jerusalem.
14 Julle sal dit beleef en julle sal bly wees; julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitspruit. So sal die mag van die Here geopenbaar word aan sy dienaars, en sal Hy sy vyande straf.
15 Die Here kom in vuur, sy strydwaens is soos 'n stormwind. Hy kom sy toorn koel, Hy kom die straf voltrek met vuur.
16 Die Here kom om al wat leef, te straf met vuur en swaard, Hy sal baie laat sterf.
17 Die mense wat hulleself wy en reinig om in 'n optog na die tuine toe te gaan, wat varkvleis eet en afskuwelike afgodsoffers en muise, sal almal uitgeroei word, die Here.
18 Ek weet wat hulle doen en dink; die tyd kom dat Ek al die nasies en al die taalgroepe bymekaar gaan maak. Hulle sal kom en hulle sal sien hoe magtig Ek is.
19 Ek sal 'n teken onder hulle oprig en Ek sal van dié van hulle wat die oordeel oorleef het, uitstuur na ander nasies toe, na Tarsis, na Pul, na Lud met sy bedrewe boogskutters, na Tubal, na Griekeland, en na die ver eilande toe wat nie van my roem gehoor het nie en nie my mag ervaar het nie. So sal dié wat Ek gestuur het, onder die nasies verkondig hoe magtig Ek is.
20 Hulle sal al julle volksgenote uit al die nasies as 'n geskenk vir die Here saambring op perde, op waens, op drastoele, op muile en op kamele. Hulle sal hulle bring na my heilige berg toe, na Jerusalem toe, die Here. Hulle sal hulle bring soos die Israeliete die graanoffers in rein skottels na die huis van die Here toe bring.
21 Ek sal van hulle as priesters en Leviete aanstel, die Here.
22 Soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek gaan maak, in my diens sal staan, die Here, so sal julle nageslag en julle roem in my diens staan.
23 Elke nuwemaansfees en elke sabbat sal al wat leef, voor My in aanbidding kom buig, die Here.
24 Wanneer hulle uit die stad uitgaan, sal hulle die lyke sien van die mense wat hulle teen My verset het. Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie, en die vuur waarin hulle brand, sal nie geblus word nie; hulle sal iets afgrysliks wees vir al wat leef.