Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 14

:
Afrikaans - AFR83
1 Die Here sal Hom ontferm oor Jakob, Hy sal Israel weer sy volk maak en hulle weer in hulle eie land laat woon. Vreemdelinge sal by hulle aansluit en hulle vereenselwig met Jakob.
2 Ander volke sal hom vat en in sy land bring. Hulle sal Israel se eiendom word, slawe en slavinne in die land van die Here. Israel sal dié gevange hou deur wie hy gevange weggevoer is, en hy sal heers oor dié wat hom onderdruk het.
3 Die dag wanneer die Here vir jou rus gee van jou lyding en jou verdrukking en van die slawewerk wat jy moes doen,
4 sal jy hierdie spotlied oor die koning van Babel sing: Die verdrukker se einde het gekom, die lyding wat hy veroorsaak het, is op 'n end.
5 Die Here het die heerskappy van die goddeloses verbreek, die mag van die oorheersers.
6 Die verdrukker het in sy gramskap volke getref met straf wat nie opgehou het nie, hy het in sy toorn nasies vertrap, hulle sonder medelye agtervolg.
7 Die hele aarde het nou rus en vrede, sy inwoners juig en sing.
8 Selfs die sipresse en die seders op die Libanon is bly oor wat met jou gebeur het, Babel. Hulle sê: “Vandat jy verslaan is, klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie!”
9 Die doderyk daaronder kom in beroering omdat jy soontoe kom. Dié wat reeds daar is, word wakker gemaak, almal wat leiers op aarde was; almal wat konings van nasies was, moet van hulle trone af opstaan.
10 Almal begin praat, hulle vir jou: “Jy is nou net so swak soos ons, jy het soos ons geword!”
11 Jy het met jou hoogmoed, met die klank van jou harpmusiek en al in die doderyk beland. Jy tussen die maaiers, jy is oortrek van die wurms.
12 Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel geval. Jy wat 'n oorwinnaar van nasies was, is in die grond in verpletter.
13 En dit jy, jy wat gedink het: ek klim op hemel toe, ek gaan my troon neersit bokant die hoogste sterre, ek gaan my plek inneem op die berg waar die gode mekaar ontmoet, ver in die noorde;
14 ek klim op tot bokant die wolke, ek word soos die Allerhoogste self.
15 Maar jy stort af in die doderyk, af tot in sy diepste deel.
16 Dié wat jou daar sien, sal jou aangaap, hulle sal jou bekyk en vra: “Is dit die man wat die aarde laat bewe het, wat koninkryke laat wankel het,
17 die man wat die wêreld onbewoon gemaak het en die stede vernietig het, die man wat sy gevangenes nie vrygelaat het om terug te gaan huis toe nie?”
18 Al die konings van die nasies is met eer begrawe, elkeen in sy eie graf.
19 Maar word nie begrawe nie, jy word weggegooi soos 'n boomtak wat klaar vrot is. Jy toe onder die lyke van dié wat doodgesteek is. Jy is soos dooie aas wat vertrap word. Ander word begrawe in grafte in die rots,
20 maar jy word nie begrawe nie, want jy het jou eie land verwoes en jou eie mense laat doodmaak. Die naam van 'n skurk word nie in gedagtenis gehou nie.
21 Maak reg die plek om sy seuns dood te maak oor die sondes van hulle voorgeslag, dat die seuns nie die aarde in besit kan neem en die wêreld vol stede bou nie.
22 Ek sal hulle aanval, die Here die Almagtige. Ek sal maak dat die gedagtenis aan die koning van Babel verdwyn, dat daar niks van hom oor is nie, nie een enkele afstammeling nie, die Here.
23 Ek maak sy land 'n blyplek vir uile, 'n rietmoeras. Ek vee Babel weg met 'n besem wat verwoes, die Here die Almagtige.
24 Die Here die Almagtige het 'n eed afgelê: Soos Ek My voorgeneem het, so sal dit wees, wat Ek besluit het, sal gebeur.
25 Ek sal die Assiriërs verpletter in my land, hulle op my berge vertrap. Die juk wat op my volk gedruk het, sal weggevat word, die las wat Assirië hulle laat dra het, sal verwyder word.
26 Dit is die besluit wat vir die hele aarde geneem is, my hand is klaar uitgesteek teen al die nasies om hulle te oordeel.
27 Die Here die Almagtige het dit besluit; wie sal dit kan verydel? Sy hand is uitgesteek; wie sal die oordeel kan afweer?
28 In die jaar van koning Agas se dood is hierdie uitspraak gemaak:
29 Julle Filistyne moenie almal so bly wees dat die stok waarmee julle geslaan is, verbreek is nie, want in die plek van die een slang kom 'n giftiger een, en uit dié se eier kom daar 'n vlieënde draak.
30 Die armstes in Israel sal iets om te eet, behoeftiges sal veilig woon, maar julle Filistyne se nageslag laat Ek van honger sterf, wat van julle oor is, word deur die honger verteer.
31 Huil, poorte! Skreeu, stede! Smelt weg, Filistyneland! Daar kom rookwolke uit die noorde, die vyand se manskappe kom aan, almal in gelid!
32 Wat sal 'n mens die boodskappers van dié nasie antwoord? Die Here het vir Sion tot stand laat kom, sy geteisterde volk vind daar skuiling!