Isaiah 12AFR83

1Op daardie dag sal jy sê: “Ek loof U, Here! U was kwaad vir my, maar U is nou nie meer kwaad nie en U het vir my uitkoms gegee.

2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.”

3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.

4Op dié dag sal julle uitroep: “Loof die Here, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend en verkondig dat sy Naam groot is.

5Sing tot die eer van die Here, want Hy het groot dinge gedoen, maak dit aan die hele wêreld bekend.

6Jubel en juig, inwoners van Sion, want groot is die Heilige van Israel en Hy is by julle!”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 12.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.