Song of Solomon 1AFR53

1Die hooglied van Salomo.

2Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn.

3U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.

4Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.

5Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo.

6Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.

7Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?

8As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders.

9Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin!

10Lieflik is u wange tussen die kettinkies, u hals in die snoere.

11Ons sal vir u goue kettinkies maak met silwerknoppe.

12So lank as die koning aan sy tafel was, het my nardus sy geur gegee.

13My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus.

14My beminde is vir my 'n tros henna-blomme in die wingerde van ngedi.

15Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe!

16Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid.

17Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 1.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.