Psalms 98AFR53

1'n Psalm. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.

2Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.

3Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.

4Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!

5Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang,

6met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!

7Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.

8Laat die riviere in die hande klap, die berge tesame jubel

9voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 98.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.