Psalms 87AFR53

1Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge.

2Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.

3Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.

4Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filist,a en Tirus saam met Kus -- hierdie een is daar gebore.

5En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.

6Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.

7En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 87.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.