Psalms 83AFR53

1'n Lied. 'n Psalm van Asaf.

2o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!

3Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.

4Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.

5Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.

6Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond:

7die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,

8Gebal en Ammon, en Amalek, Filist,a saam met die inwoners van Tirus.

9Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela.

10Maak met hulle soos met M¡dian, soos met S¡sera, soos met Jabin by die spruit Kison:

11hulle is verdelg by Endor, hulle het mis geword vir die grond.

12Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Salmuna,

13wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!

14My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.

15Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek --

16vervolg hulle so met u storm en verskrik hulle met u stormwind.

17Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o HERE!

18Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom; [ (Psalms 83:19) sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 83.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.