Psalms 67AFR53

1Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied.

2Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.

3Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.

4Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

5Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.

6Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

7Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën. [ (Psalms 67:8) God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 67.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.