Psalms 61AFR53

1Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.

2o God, hoor my smeking, luister na my gebed!

3Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is.

4Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand.

5Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.

6Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.

7Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.

8Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat die hom bewaar. [ (Psalms 61:9) So wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ndag. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 61.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.