Psalms 54AFR53

1Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid,

2toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?

3o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!

4o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!

5Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.

6Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.

7Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou! [ (Psalms 54:8) Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want die is goed; ] [ (Psalms 54:9) want die het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 54.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.