Psalms 5AFR53

1Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.

2o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.

3Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.

4In die môre , HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

5Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.

6Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.

7U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku.

8Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.

9HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.

10Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.

11Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.

12Maar laat hulle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet. [ (Psalms 5:13) Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 5.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.