Psalms 46AFR53

1Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.

2God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

3Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.

4Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.

5Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.

6God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.

7Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.

8Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.

9Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,

10wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.

11Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. [ (Psalms 46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 46.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.