Psalms 39AFR53

1Vir die musiekleier; vir Jedutun. 'n Psalm van Dawid.

2Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.

3Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.

4My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:

5HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.

6Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

7Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.

8En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

9Red my van al my oortredinge; maak my nie 'n smaad van die dwaas nie.

10Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want U het dit gedoen.

11Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.

12Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur 'n mot; ja, elke mens is 'n asemtog! Sela.

13Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders. [ (Psalms 39:14) Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 39.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.