Psalms 3AFR53

1'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.

2***

3Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.

4Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.

5Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.

6Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.

7Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.

8Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek. [ (Psalms 3:9) Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 3.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.