Psalms 26AFR53

1'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ,k wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.

2Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;

3want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.

4Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.

5Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.

6Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,

7om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.

8HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.

9Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,

10in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.

11Maar ,k wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.

12My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 26.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.