Psalms 16AFR53

1'n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek.

2Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.

3Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.

4Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.

5Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.

6Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.

7Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.

8Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

9Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;

10want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.

11U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 16.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.