Psalms 148AFR53

1Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!

2Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!

3Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!

4Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!

5Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee -- en hulle is geskape.

6En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.

7Loof die HERE van die aarde af -- groot seediere en alle dieptes!

8Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;

9berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,

10wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;

11konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;

12jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges --

13laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!

14En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 148.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.