Psalms 144AFR53

1'n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer --

2my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp.

3o HERE, wat is die mens dat U hom ken, die mensekind dat U op hom ag gee?

4Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos 'n vlugtige skaduwee.

5Buig u hemele, HERE, en daal neer; raak die berge aan, dat hulle rook!

6Slinger bliksems en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!

7Strek uit die hoogte u hande uit; ruk my uit, en red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes,

8wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is.

9o God, ek wil 'n nuwe lied sing tot u eer, op die tiensnarige harp wil ek U psalmsing.

10U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard.

11Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is;

12sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van 'n paleis;

13dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tien duisende vermeerder word op ons velde;

14ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie.

15Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 144.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.