Psalms 142AFR53

1'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed.

2Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE.

3Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.

4As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan.

5Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.

6Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.

7Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk. [ (Psalms 142:8) Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 142.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.