Psalms 136AFR53

1Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

2Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

3Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid --

4Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

5Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

6Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

7Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

8Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

9Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

10Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

11En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

12Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

13Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

14En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

15En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

16Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

17Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

18En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

19Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

20En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

21En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

22As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

23Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

24En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

25Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

26Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 136.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.