Psalms 126AFR53

1'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.

2Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.

3Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!

4o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.

5Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.

6Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 126.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.