Psalms 120AFR53

1'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.

2o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!

3Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?

4Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse.

5Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!

6Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.

7Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 120.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.