Psalms 12AFR53

1Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.

2***

3Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.

4Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,

5hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?

6Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.

7Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

8U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig. [ (Psalms 12:9) Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 12.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.