Psalms 108AFR53

1'n Lied. 'n Psalm van Dawid.

2My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.

3Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.

4Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;

5want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.

6Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!

7Dat u bemindes gered kan word -- verlos deur u regterhand en verhoor ons!

8God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.

9G¡lead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.

10Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filist,a jubel Ek.

11Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?

12Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.

13Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite. [ (Psalms 108:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 108.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.