Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 100

:
Afrikaans - AFR53
1 'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!
2 Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.
3 Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.
4 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.
5 Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.