Psalms 100AFR53

1'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!

2Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.

3Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.

4Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.

5Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 100.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.