Proverbs 9AFR53

1Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,

2haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.

3Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:

4Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:

5Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;

6laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.

7Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.

8Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.

9Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.

10Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.

11Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.

12As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.

13Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;

14en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,

15om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:

16Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:

17Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.

18Maar hy weet nie dat dr skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 9.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.