Jonah 2AFR53

1En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis

2en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp -- U het my stem gehoor.

3U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.

4Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.

5Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.

6Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!

7Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.

8Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.

9Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.

10Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Jonah 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.