Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

John 9

:
Afrikaans - AFR53
1 En toe Hy verbygaan, sien Hy 'n man wat blind was van sy geboorte af.
2 En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?
3 Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.
4 Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.
5 So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.
6 En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die van die blinde man
7 en vir hom: Gaan was jou in die badwater Siloam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.
8 Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?
9 Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.
10 Hulle vir hom: Hoe is jou geopen?
11 Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Siloam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.
12 En hulle vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.
13 Hulle bring hom na die Fariseërs -- die man wat vroeër blind was.
14 En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy geopen het.
15 Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my gesit, en ek het my gewas en ek sien.
16 En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan 'n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.
17 Weer hulle vir die blinde man: Jy, wat jy van Hom, aangesien Hy jou geopen het? En hy antwoord: Hy is 'n profeet.
18 En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.
19 En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?
20 Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;
21 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.
22 Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.
23 Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.
24 Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is.
25 En hy antwoord en sê: Of Hy 'n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.
26 En hulle weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou geopen?
27 Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?
28 Hulle skel hom toe uit en sê: Jy is 'n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.
29 Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref, ons weet nie van waar Hy is nie.
30 Die man antwoord en vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my geopen!
31 En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, die verhoor Hy.
32 Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die van 'n blindgebore mens geopen het nie.
33 As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.
34 Hulle antwoord en vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.
35 Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God?
36 Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?
37 En Jesus vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy.
38 Toe hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.
39 En Jesus sê: Tot 'n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.
40 En die van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?
41 Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde nie; maar nou julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.