Genesis 10AFR53

1En dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet -- vir hulle is daar seuns gebore ndie vloed.

2Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.

3En die seuns van Gomer was: Askenas en Rifat en Tog rma.

4En die seuns van Jawan was: El¡sa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete --

5uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.

6En die seuns van Gam was: Kus en Misraim en Put en Kanaän.

7En die seuns van Kus was: Seba en H wila en Sabta en Ra,ma en S btega. En die seuns van Ra,ma: Skeba en Dedan.

8Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees.

9Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.

10En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land S¡near.

11Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninev, en R,hobot-Ir en Kalag

12en Resen, tussen Ninev, en Kalag -- dit is die groot stad.

13En Misraim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete

14en die Patrusiete en Kasluhiete -- waaruit die Filistyne voortgekom het -- en Kaftoriete.

15En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het

16en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete

17en die Hewiete en Arkiete en Siniete

18en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei.

19En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Seboim tot by Lesa.

20Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.

21En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.

22Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram.

23En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas.

24En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.

25En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.

26En Joktan was die vader van Almodad en Selef en Hasarm wet en Jerag

27en Hadoram en Usal en Dikla

28en Obal en Ab¡mael en Skeba

29en Ofir en H wila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.

30En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste.

31Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.

32Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ndie vloed.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Genesis 10.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.