Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Romans 6

:
Afrikaans - AFR20
1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly voortleef, sodat die genade kan toeneem?
2 Hoegenaamd nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog langer daarin bly leef?
3 Of weet julle nie dat ons wat in •Christus Jesus in gedoop is, in sy dood in gedoop is nie?
4 Deur die doop is ons dus saam met Hom in die dood begrawe, sodat, net soos Christus deur die magtige heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ook ons 'n nuwe lewe kan lei.
5 As ons inderdaad met Hom saamgegroei het in 'n dood soos syne, sal ons ook met Hom saamgroei in 'n opstanding soos syne.
6 Dit weet ons: dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie.
7 Wie gesterf het, is immers vrygemaak van die sonde.
8 As ons saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal leef.
9 Ons weet dat Christus, nadat Hy uit die dood opgewek is, nie weer sterf nie die dood het nie meer seggenskap oor Hom nie.
10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy ter wille van die sonde eens en vir altyd gesterf, maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
11 Beskou julleself dan so dat julle in Christus Jesus dood is vir die sonde, maar lewend vir God.
12 Laat die sonde dan nie langer oor julle sterflike liggaam heers, om julle sy begeertes te laat gehoorsaam nie.
13 Julle moet ook nie meer julle ledemate as wapens van ongeregtigheid tot beskikking van die sonde stel nie. Nee, as mense wat uit die dood lewend geword het, stel julleself tot beskikking van God, en julle ledemate as wapens van •geregtigheid tot beskikking van God.
14 Die sonde mag beslis nie oor julle heers nie; julle is immers nie onder die wet nie, maar onder die genade.
15 Wat dan? Sal ons sonde doen omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade? Hoegenaamd nie!
16 Besef julle nie dat as julle julleself vir iemand beskikbaar stel om hom as slawe te gehoorsaam, julle slawe is van die persoon aan wie julle gehoorsaam is nie? Julle is óf slawe van die sonde, wat tot die dood lei, óf slawe van gehoorsaamheid, wat lei tot geregtigheid.
17 Aan God die dank dat julle wel slawe van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die vorm van leer waaraan julle onderwerp is;
18 vrygemaak van die sonde, het julle slawe van die geregtigheid geword
19 ter wille van julle menslike swakheid praat ek in menslike terme want soos julle julle ledemate in diens van onreinheid en losbandigheid gestel het om losbandig te leef, stel nou so julle ledemate in diens van die geregtigheid om heilig te leef.
20 Want toe julle nog slawe van die sonde was, was julle nie aan geregtigheid gebonde nie.
21 Watter vrug het julle destyds verkry? Oor daardie dinge skaam julle julle nou, want die uiteinde daarvan is die dood.
22 Maar, noudat julle van die sonde vrygemaak is en diensbaar aan God geword het, lewer julle die vrug van heiligmaking, en die uiteinde hiervan is die ewige lewe.
23 Want die loon van die sonde is die dood; maar die genadegawe van God is die ewige lewe in •Christus Jesus ons Here.