Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Revelation 5

:
Afrikaans - AFR20
1 Ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit 'n boekrol gesien, aan die binnekant en die buitekant vol geskryf, en met sewe seëls goed verseël.
2 Ek het ook 'n sterk engel gesien, wat met 'n harde stem uitroep: “Wie is waardig om die boekrol oop te maak en die seëls daarvan te breek?”
3 Niemand nie in die hemel, nie op die aarde, nie onder die aarde was egter in staat om die boekrol oop te maak of daarin te kyk nie.
4 Ek het baie gehuil, omdat daar niemand gevind kon word wat waardig is om die boekrol oop te maak of daarin te kyk nie.
5 Toe een van die ouderlinge vir my: “Hou op huil! Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die wortel van Dawid, het oorwin, sodat Hy die boekrol en die sewe seëls daarvan kan oopmaak.”
6 En ek het tussen die troon en die vier lewende wesens, en tussen die ouderlinge, 'n Lam, soos een wat geslag is, sien staan. Hy het sewe horings en sewe gehad die sewe Geeste van God wat oor die hele aarde heen uitgestuur is.
7 En Hy het nader gegaan, en die boekrol geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.
8 Toe Hy die boekrol neem, het die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neergeval. Elkeen het 'n lier en 'n goue bak vol reukwerk, wat die gebede van die •heiliges is, vasgehou.
9 Toe sing hulle 'n nuwe lied: “U is waardig om die boekrol te neem, en die seëls daarvan oop te breek, omdat U geslag is, en met u bloed mense vir God gekoop het, uit elke geslag en taal en volk en nasie.
10 U het hulle 'n koninkryk en priesters vir ons God gemaak, en hulle sal as konings oor die aarde heers.
11 Toe ek weer kyk, hoor ek die sang van baie engele rondom die troon, en van die lewende wesens en die ouderlinge. Daar was tienduisend maal tienduisende, duisend maal duisende,
12 wat met harde stemme uitroep: “Waardig is die Lam wat geslag is, om die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof te ontvang.”
13 En ek het die hele skepping in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see, en alles wat daarin bestaan hoor uitroep: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die sterkte, vir ewig en ewig.”
14 Die vier lewende wesens het ook uitgeroep: “•Amen!” En die ouderlinge het neergeval in aanbidding.