Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Numbers 7

:
Afrikaans - AFR20
1 Op die dag toe Moses die •tabernakel klaar opgerig het, het hy dit gesalf en dit met al die gereedskap, asook die altaar met al die gereedskap, geheilig. Toe hy dit gesalf en geheilig het,
2 het die leiers van Israel, die hoofde van hulle families dit is die leiers van die stamme, hulle wat met die inskrywing bystand verleen het offergawes aangebied.
3 Hulle het hulle offergawes gebring na die Here se teenwoordigheid: ses waens met seile oor en twaalf beeste, 'n wa namens twee leiers en 'n bees namens elkeen. Hulle het dit aangebied voor die tabernakel.
4 Die Here het vir Moses gesê:
5 “Aanvaar dit van hulle sodat dit gebruik kan word vir die werk by die Tent van Ontmoeting. Jy moet dit vir die Leviete gee, vir elkeen in ooreenstemming met sy taak.”
6 Moses het die waens en die beeste geneem en dit vir die Leviete gegee.
7 Twee waens en vier beeste het hy vir die nageslag van Gerson gegee, in ooreenstemming met hulle taak.
8 Vier waens en agt beeste het hy vir die nageslag van Merari, onder beheer van Itamar, seun van die priester Aäron, gegee, in ooreenstemming met hulle taak.
9 Maar vir die nageslag van Kehat het hy niks gegee nie, want die hantering van die heilige voorwerpe was hulle verantwoordelikheid. Hulle moes dit op hulle skouers dra.
10 Die leiers het offergawes vir die wyding van die altaar aangebied op die dag toe dit gesalf is. Toe die leiers hulle offergawes voor die altaar aanbied,
11 het die Here vir Moses gesê: “Laat een leier per dag sy offergawe vir die wyding van die altaar aanbied.”
12 Die een wat sy offergawe op die eerste dag aangebied het, was Nagson, seun van Amminadab, uit die stam van Juda.
13 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n •graanoffer;
14 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
15 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as •brandoffer;
16 1 bokram as •reinigingsoffer;
17 as •maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Nagson, seun van Amminadab.
18 Op die tweede dag het Netanel, seun van Suar, leier van Issaskar sy offergawe aangebied.
19 Hy het die volgende as sy offergawe aangebied: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
20 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
21 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
22 1 bokram as reinigingsoffer;
23 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Netanel, seun van Suar.
24 Op die derde dag was dit die leier van die nageslag van Sebulon, Eliab, seun van Gelon.
25 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
26 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
27 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
28 1 bokram as reinigingsoffer;
29 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Eliab, seun van Gelon.
30 Op die vierde dag was dit die leier van die nageslag van Ruben, Elisur, seun van Sedeür.
31 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
32 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
33 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
34 1 bokram as reinigingsoffer;
35 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Elisur, seun van Sedeür.
36 Op die vyfde dag was dit die leier van die nageslag van Simeon, Selumiël, seun van Suri-Saddai.
37 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
38 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
39 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
40 1 bokram as reinigingsoffer;
41 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Selumiël, seun van Suri-Saddai.
42 Op die sesde dag was dit die leier van die nageslag van Gad, Eljasaf, seun van Deüel.
43 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
44 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
45 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
46 1 bokram as reinigingsoffer;
47 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Eljasaf, seun van Deüel.
48 Op die sewende dag was dit die leier van die nageslag van Efraim, Elisama, seun van Ammihud.
49 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
50 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
51 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
52 1 bokram as reinigingsoffer;
53 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Elisama, seun van Ammihud.
54 Op die agtste dag was dit die leier van die nageslag van Manasse, Gamliël, seun van Pedasur.
55 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
56 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
57 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
58 1 bokram as reinigingsoffer;
59 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Gamliël, seun van Pedasur.
60 Op die negende dag was dit die leier van die nageslag van Benjamin, Abidan, seun van Gidoni.
61 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
62 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
63 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
64 1 bokram as reinigingsoffer;
65 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Abidan, seun van Gidoni.
66 Op die tiende dag was dit die leier van die nageslag van Dan, Agiëser, seun van Ammi-Saddai.
67 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
68 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
69 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
70 1 bokram as reinigingsoffer;
71 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Agiëser, seun van Ammi-Saddai.
72 Op die elfde dag was dit die leier van die nageslag van Aser, Pagiël, seun van Ogran.
73 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
74 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
75 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
76 1 bokram as reinigingsoffer;
77 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Pagiël, seun van Ogran.
78 Op die twaalfde dag was dit die leier van die nageslag van Naftali, Agira, seun van Enan.
79 Sy offergawe was: 1 silwerskottel van 130 sikkel, 1 silwer-offerbak van 70 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld albei was vol gesifte meel, klam gemaak met olyfolie, as 'n graanoffer;
80 1 bak van 10 sikkel goud vol reukwerk;
81 1 jong bul, 1 ram, 1 jaaroud ramlam as brandoffer;
82 1 bokram as reinigingsoffer;
83 as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Agira, seun van Enan.
84 Dit was, van die kant van die leiers van Israel, offergawes vir die wyding van die altaar die dag toe dit gesalf is: 12 silwerskottels, 12 silwer-offerbakke, 12 goue bakke.
85 Elke silwerskottel was 130 sikkel silwer en elke silwer-offerbak 70 sikkel silwer; al die silwer van die gereedskap was saam 2 400 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld.
86 Daar was 12 goue bakke vol reukwerk, elke bak was 10 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld. Al die goud van die bakke was saam 120 sikkel.
87 Al die vee vir die brandoffer was 12 bulle, 12 ramme, 12 jaaroud ramlammers, met die bypassende graanoffer. Daar was 12 bokramme vir die reinigingsoffer.
88 Al die vee vir die maaltydoffer was 24 bulle, 60 ramme, 60 bokramme, en 60 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawes vir die wyding van die altaar nadat dit gesalf is.
89 Wanneer Moses in die Tent van Ontmoeting ingegaan het om met die Here te praat, het hy die stem gehoor wat met hom praat vanaf die versoendeksel op die ark met die Getuienis, van tussen die twee gerubs af. So het die Here met hom gepraat.