Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Numbers 34

:
Afrikaans - AFR20
1 Die Here het met Moses gepraat en gesê:
2 Gee die Israeliete opdrag en vir hulle, ‘Wanneer julle in die land Kanaän aankom, is dít die grondgebied wat aan julle as erfenis toeval die land Kanaän met sy grense:
3 Aan die suidekant sal julle gebied in die Tsinwoestyn al langs Edom lê. Julle suidelike grens sal in die ooste vanaf die punt van die Soutsee wees.
4 Dan swaai julle grens suid van Skerpioenhoogte en gaan oor na Tsin. Die verste punt suid van Kades-Barnea dit loop verder na Gasar-Addar en dan oor na Asmon.
5 Die grens swaai dan van Asmon af na die Spruit van Egipte, en die verste punt is die see.
6 Wat die westelike grens betref: Dit moet vir julle die Groot See en die kusgebied wees. Dit sal vir julle die westelike grens wees.
7 En dít sal vir julle die noordelike grens wees: Vanaf die Groot See moet julle vir julle 'n lyn trek na die berg Hor,
8 en vanaf die berg Hor moet julle weer 'n lyn trek na Lebo-Hamat. Die verste punt van die grens moet by Sedad wees.
9 Die grens strek verder na Sifron, en sy verste punt is Gasar-Enan. Dit sal julle noordelike grens wees.
10 ‘Vir die oostelike grens moet julle vir julle 'n lyn trek vanaf Gasar-Enan na Sefam.
11 Van Sefam af loop die grens af na Ribla, aan die oostekant van Ajin. Dan daal die grens verder af en loop al langs die berghange oos van die meer van Gennesaret.
12 Daarna daal die grens af na die Jordaan, met die verste punt by die Soutsee. Dit sal julle land wees volgens sy grense aan alle kante.’
13 Moses het die Israeliete beveel: “Dit is die land wat julle deur loting onder mekaar as erfenis moet verdeel, wat die Here beveel het om aan die nege-en-'n-halwe stamme te gee.
14 Want die stam van die nageslag van Ruben het, volgens hulle families, hulle deel ontvang, en die stam van die nageslag van Gad, volgens hulle families. Ook die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang.
15 Die twee-en-'n-halwe stamme, hulle het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan, teenoor Jerigo, ooswaarts na waar die son opkom.”
16 Die Here het met Moses gepraat en gesê:
17 Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet toewys: die priester Eleasar en Josua, seun van Nun.
18 Een leier uit elke stam moet julle neem om die land as erfenis toe te wys.
19 Dit is die name van die manne: “vir die stam Juda: Kaleb, seun van Jefunne;
20 vir die stam van die nageslag van Simeon: Samuel, seun van Ammihud;
21 vir die stam Benjamin: Elidad, seun van Kislon;
22 vir die stam van die nageslag van Dan: as leier Bukki, seun van Jogli;
23 “wat die nageslag van Josef betref: “vir die stam van die nageslag van Manasse: as leier Ganniël, seun van Efod;
24 en vir die stam van die nageslag van Efraim: as leier Kemuel, seun van Siftan;
25 vir die stam van die nageslag van Sebulon: as leier Elisafan, seun van Parnak;
26 vir die stam van die nageslag van Issaskar: as leier Paltiël, seun van Assan;
27 vir die stam van die nageslag van Aser: as leier Agihud, seun van Selomi;
28 vir die stam van die nageslag van Naftali: as leier Pedael, seun van Ammihud.”
29 Dit is hulle vir wie die Here opdrag gegee het om aan die Israeliete hulle erfenis toe te wys in die land Kanaän.