Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Numbers 2

:
Afrikaans - AFR20
1 Die Here het met Moses en Aäron gepraat en gesê:
2 Die Israeliete moet elkeen by sy eenheid, by die vaandels van hulle familie, kamp opslaan. Hulle moet langs mekaar, op 'n afstand, rondom die Tent van Ontmoeting kamp opslaan.
3 Dié wat kamp opslaan aan die oostekant, aan die kant waar die son opkom, moet wees: “Die eenheid van Juda se kamp volgens hulle leërafdelings, met Nagson, seun van Amminadab, as leier van die nageslag van Juda,
4 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 74 600.
5 Dié wat langs hulle kamp opslaan, is die stam van Issaskar met Netanel, seun van Suar, as leier van die nageslag van Issaskar,
6 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 54 400.
7 Daarna die stam van Sebulon met Eliab, seun van Gelon, as leier van die nageslag van Sebulon,
8 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 57 400.
9 “Al dié wat ingeskryf is van die kamp van Juda, volgens hulle leërafdelings, is 186 400. Hulle moet eerste kamp opbreek.
10 “Die eenheid van Ruben se kamp is, volgens hulle leërafdelings, aan die suidekant met Elisur, seun van Sedeür, as leier van die nageslag van Ruben,
11 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 46 500.
12 Dié wat langs hulle kamp opslaan, is die stam van Simeon met Selumiël, seun van Suri-Saddai, as leier van die nageslag van Simeon,
13 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 59 300.
14 Daarna die stam van Gad met Eljasaf, seun van Deüel as leier van die nageslag van Gad,
15 met sy leër, dié wat ingeskryf is, is 45 650.
16 “Al dié wat ingeskryf is van die kamp van Ruben, volgens hulle leërafdelings, is 151 450. Hulle moet tweede kamp opbreek.
17 “Dan moet die Tent van Ontmoeting, die kamp van die Leviete wat in die middel van die kampe is, verskuif. Soos hulle kamp opslaan, so moet hulle ook kamp opbreek, elkeen op sy plek, volgens hulle eenhede.
18 “Die eenheid van Efraim se kamp is, volgens hulle leërafdelings, aan die westekant, met Elisama, seun van Ammihud, as leier van die nageslag van Efraim,
19 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 40 500.
20 Langs hulle is die stam van Manasse met Gamliël, seun van Pedasur, as leier van die nageslag van Manasse,
21 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 32 200.
22 Daarna die stam van Benjamin. Die leier van die nageslag van Benjamin is Abidan, seun van Gidoni,
23 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 35 400.
24 “Al dié wat ingeskryf is van die kamp van Efraim, volgens hulle leërafdelings, is 108 100. Hulle moet derde kamp opbreek.
25 “Die eenheid van Dan se kamp is, volgens hulle leërafdelings, aan die noordekant met Agiëser, seun van Ammi-Saddai, as leier van die nageslag van Dan,
26 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 62 700.
27 Dié wat langs hulle kamp opslaan, is die stam van Aser met Pagiël, seun van Ogran, as leier van die nageslag van Aser,
28 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 41 500.
29 Daarna die stam van Naftali met Agira, seun van Enan, as leier van die nageslag van Naftali,
30 met sy leër, dié wat ingeskryf is: 53 400.
31 “Al dié wat ingeskryf is van die kamp van Dan, is 157 600. Hulle moet laaste kamp opbreek volgens hulle eenhede.”
32 Dit was die Israeliete wat ingeskryf is volgens hulle families. Al dié wat ingeskryf is van die kampe, volgens hulle leërafdelings, was 603 550.
33 Maar die Leviete is nie saam met die Israeliete ingeskryf nie, net soos die Here Moses beveel het.
34 Die Israeliete het presies gedoen wat die Here Moses beveel het. So het hulle kamp opgeslaan volgens hulle eenhede, en so het hulle kamp opgebreek; almal volgens hulle familiegroepe, langs hulle families.